The Louis 57 mobile application is now available on Google Play and App Store
  • Louis6
  • Louis5
  • Louis4
  • Louis3
  • Louis2
  • Louis1

Kampioen kom wys oë in die Laeveld

Posted: 14th October 2014

Dit gebeur nie aldag dat ‘n gholfheld op een van die Laeveld se plaaslike bane sy stokke swaai nie.  Gholfgeesdriftiges het Woensdag by die Nelspruit-gholfbaan in groot afwagting gekyk hoe die huidige Volvo-gholfkampioen, Louis Oosthuizen op die 10de bof afslaan. Hy het sopas van die Alfred Dunhill Linkstoernooi
wat in Skotland plaasgevind het, teruggekeer.

 

Hy het 14 onder baansyfer geëindig en ‘n algehele sewende plek verower. Alhoewel hy grapperig na sy ronde gholf vertel dat hy nie baie goed gespeel het nie, is hy dol oor die Laeveld. “Ek dink ek het twee onder baansyfer gespeel, maar ek moet sê, ek het baie gesukkel. My besoek is daarop gemik om die Nkonyeni-gholflandgoed. My wyn, Louis57 was ook te proe.” Die 31-jarige is baie opgewonde oor sy betrokkendheid by dié projek. “Johan Rudolph, die eienaar van Nkonyeni, het my genader. Ek het met die eerste oogopslag verlief geraak. Johan se idee is goed en dit is in so ‘n mooi omgewing langs die rivier geleë.
 

“Ek het in die week die ontwerper ontmoet, en ek kan nie wag om te begin nie.” Oosthuizen het die gholfbaan self
ontwerp - dit is die eerste keer wat hy so iets aanpak.  Hy was laas in 1999 as junior van die Suid-Kaapse span met die Countrydistriktoernooi in die Laeveld, maar die Alfred Dunhill wat op die prentjiemooi, Leopard Creek gespeel
word, is ook deel van sy toernooiskedule.  Dit vind van 11 tot 14 Desember plaas. “Ek geniet dié deel van die wêreld. Dit is pragtig, maar baie warm! Ek beplan om op Leopard Creek te speel - dit sal my sesde toernooi in sewe weke wees.”


Hy bly tans in Mosselbaai in die Suid-Kaap. Hy het groot lof vir die jong boorling van Mbombela, Thriston Lawrence.
“Ek het hom nog nooit gesien speel nie, maar wat hy as amateur bereik het, is nie elke speler beskore nie. “Ek en Charl (Schwartzel), Ernie (Els) en Richard (Sterne) het dieselfde paadjie gestap. Thriston is nog baie jonk en moet nie te hard op homself wees nie.

 

“Die gholfwêreld is moeilik, maar hy moet nooit moed opgee nie en hardwerk.”  Hy lê tans in die 58ste plek op die
wêreldgholfranglys. Drie weke van nou af sal hy in die CIMB Classic in Maleisië speel, wat deel van die PGA-toer uitmaak.

Artikel deur Carli Koch, geneem uit Lowvelder

Login Form